About Frans van Zyl
Die bekende Frans van Zyl van De Aar se eerste debuut album het so pas die lewenslig gesien. Frans is nie net ’n welbekende sakeman nie, maar sy sang en verhoogsoptredes word plaaslik deur oud en jonk geniet.
Frans sing al van agt jaar af in die kerk en sy ouers het hom altyd aangemoedig om te sing. Hy het ’n gemaklik en ontspanne sangstyl en verhoogpersoonlikheid waarby musiekliefhebbers dadelik aanklank vind. Veral by die ligte “ Country musiek” en ander gunstelinge. Sy heel eerste CD noem hy dan ook “Frans van Zyl sing Gunstelinge”
Die CD bevat ’n verskeidenheid van 12 ligte Afrikaanse en Engelse liedere.
Bekende gunstelinge soos
“Help me through the night en Living on Love”
Ongeveer ’n jaar gelede in 2017, het Dr Johan Wiese van die AGS Gemeente in Du Toit straat, by Frans begin aandring om ’n CD te maak en die bal het begin rol. Daar was ’n paar keer Bloemfontein toe gery. Eers moes Frans ’n oudisie by die opname-ateljee ondergaan, ’n oudisie wat hy na die sing van die heel eerste lied geslaag het!
Hy is teruggestuur Karoo toe met die opdrag om twee gunsteling liedere te kom voorberei. Die groenlig het nou helder gebrand en daar is vinnig beweeg. Terug in die Stad van Rose is daar dadelik met die opnames begin.
Na die opnames voltooi is, is die CD’s in Johannesburg gesny. Hierdie heel eerste CD dra Frans op aan sy oorlede moeder, soos hy sê: “wat my grootste aanhanger was.” Frans se twee gunstelinge op die CD is “ The Story & Ek sal.”
Mense wat reeds na die CD geluister het, is vol lof en sê hulle geniet die CD baie. Die CD is ook tydens die Karoofees gebruik. CD is by die volgende besighede: Hennies, Madeira Supermark, Midas en FS Workshop in De Aar te koop of by Frans.
Die verkoop van die CD gaan die volgende CD finansier, wat Frans sê “ ’n Gospel CD” gaan wees.
Navrae & Bespreekings:
053 631 1169
info@fransvanzyl.co.za